Maputo-verklaring moet nou geïmplementeer word

Kommer is geopper ná die Verenigde Nasies se aankondiging dat miljoene kwesbare Afrikane hulle in die komende maand gereed moet maak vir uiterste hongersnood. Regerings in Afrika word aangemoedig om nou op te tree en die 2003 Maputo-verklaring deur te voer deur besteding aan landbou te verhoog. Afrika-regerings het in die verklaring ‘n verbintenis aangegaan om 10 persent van hul jaarlikse nasionale begroting aan die ontwikkeling van die voedsel- en landbousektor te bestee. Die idee was om teen 2030 sikliese voedselonsekerheid op die vasteland te verlig.