Fauci groet by laaste Withuis-perskonferensie

Dr. Anthony Fauci, hoof van die nasionale instituut vir aansteeklike siektes in die VSA het sy laaste perskonferensie by die Withuis gebruik om verdeeldheid in Amerika aan te spreek. 

Fauci, wat in Desember 82 word, het 54 jaar die Amerikaanse regering gedien en sy aftrede in Augustus vanjaar aangekondig. Hy het tydens die pandemie doodsdreigemente uit sommige oorde gekry en is weer uit ander geloof.