SA-owerhede gereed vir enigiets na Zuma, Waluś

Die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur in Suid-Afrika sê hy is op hoë gereedheidsbasis om te reageer op enige gebeurlikheid ná Maandag se uitsprake deur die Konstitusionele Hof en die Appèlhof. Die Appèlhof het ‘n laer hof se beslissing ondersteun dat oudpresident Jacob Zuma se vrylating op mediese parool ongrondwetlik en onwettig was. Die Konstitusionele Hof het parool toegestaan aan Janusz Waluś wat die destydse leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, Chris Hani, in 1993 buite sy huis in Boksburg doodgeskiet het. Die polisie het gewaarsku teen die aanhitsing van geweld op sosialemedia-platforms.