Mantashe sloer op spertyd

Die DA in Suid-Afrika het berigte veroordeel dat die afkondiging van die wysigings aan Skedule 2 van die Wet op Elektrisiteitsregulering tot middel September uitgestel word. Die wysigings verhoog die perk vir die hoeveelheid krag wat sonder ’n lisensie opgewek mag word tot 100 megawatt. Die DA-parlementslid Kevin Mileham sê uitstel is ’n aanduiding van die gebrek aan politieke wil om die kwessie op te los. Mileham sê die minister van Minerale Hulpbronne, Gwede Mantashe, ignoreer die spertyd wat President Cyril Ramaphosa gestel het. Hy sê Ramaphosa het reeds op 10 Junie opdrag gegee vir die wysiging: