Man wat meisie doodsteek en homself steek, verskyn in hof

Die man wat sy meisie herhaaldelik met ‘n mes gesteek het, hospitaal toe gmet haar ejaag het, en toe sy dood is homself in die nek gesteek het, het in die Windhoek-laerhof verskyn. Die bure het aanvanklik die bakleiery gehoor by hulle woonstel in Ballotstraat in die hoofstad en die polisie ontbied. Hy is toe reeds weg hospitaal toe. Tjizake Murangi, 22, word van moord aangekla na die dood van sy 29-jarige meisie Frieda Amadhila op 8 April vanjaar. Sy saak is tot 19 Augustus uitgestel en hy bly in aanhouding.