Daar’s genoeg grane, maar die koste sal styg

Daar is nie ‘n tekort aan mielies vir Namibië se vraag nie. Die raadsvoorsitter van die Akkerbouraad , en die uitvoerende hoof van Bokomo Namibië, Hubertus Hamm sê daar sal geen tekorte in die voorsiening van grane wees nie. Dit kom na die nuus dat Namibië se graanoes met 53 persent gedaal het. Hamm voeg by dat daar wel ‘n koste implikasie sal wees. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.