Man kritiek na sy broer hom met ‘n mes steek oor vleis

‘n Klag van poging tot moord  word deur die Namibiese polisie ondersoek na twee broers op Khorixas baklei het oor vleis. Die jonger broer het sy ouer broer geklap en die ouer broer het toe sy boetie met ‘n mes gesteek. Beide is Angolese burgers. Die jonger broer is afgevoer na die hospitaal en oorgeplaas na Katutura-hospitaal. Hy is kritiek maar bestendig.  Die ondersoek duur voort.