Beurtkrag is terug die week en dit lyk so…

Eskom het vanoggend om vyf-uur met fase een-beurtkrag begin, tot vier-uur vanmiddag. Fase twee-beurtkrag sal dan daagliks vanaf vier-uur die middag tot vyf-uur die volgende oggend tot verdere kennisgewing ingestel word. Die kragvoorsiener se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê daar word verwag dat geen beurtkrag van môre af gedurende die dag nodig sal wees nie. Hy sê verbruikers sal ingelig word oor enige beduidende veranderinge aan die stelsel: