Man dagvaar kroeg omdat hy dronk baklei

Daniel Rawls, ‘n man van Texas in die VSA, is skadevergoeding van 5,5 miljoen Amerikaanse dollar toegestaan na ‘n hof bevind het dat ‘n besering wat hy opgedoen het terwyl hy besope was, die kroeg se skuld was. Rawls het betrokke geraak in ‘n bakleiery met nog ‘n kliënt van La Fogata Mexican Grill, Robert Henrickson net buite die kroeg. In sy stukke voor die hof sê hy die kroeg se eienaar Lourdes Galindo moes hom nie verder drank bedien het nie. Hy het ook aangevoer dat die parkeerarea nie gelyk is nie en dit het bygedra tot die feit dat hy geval het. Hy het blykbaar met die bakleiery en sy val, ‘n kopbesering opgedoen.