Maak seker jou kwalifikasie word plaaslik erken

Dit is weer daardie tyd van die jaar wat studente aansoek doen by instansies van hoër onderwys vir tersiêre opleiding. Jaar op jaar word daar berig dat studente ingeloop is by instansies wat nie geakkrediteer is nie en na duisende uitbetaal is, is die kwalifikasies nutteloos. Catherine Shipushu van die Namibiese Kwalifikasie-owerheid sê hulle sal gratis, enige instansie vir voornemende studente ondersoek.