Malaria-veldtog skop in 21 distrikte af

Die Namibiese gesondheidsministerie het hul binneshuise malariabespuiting-veldtog in die 21 geteikende malaria-distrikte afgeskop. Verlede jaar is 13 600 malaria-gevalle en 40 sterftes aangemeld in die streke van Kavango-Oos en –Wes, Ohangwena en Zambezi wat 85 persent van die gevalle en sterftes verteenwoordig. Vanjaar sal die veldtog ook in ander streke soos Oshikoto, Otjozondjupa, Omusati, Kunene en Oshana plaasvind. Die ministerie se teiken is om malaria teen 2023 heeltemal uit te wis.