Byna 26 000 inwoners van Karas is ingeënt

Terwyl Namibië besig is met sy landwye Covid-inentingsveldtog, het die Karasstreek aangekondig dat byna 26 000 van sy inwoners ingeënt is met hul teiken van meer as 55 000 inwoners. Die Suid-Afrikaanse regering beplan volgende naweek nog ‘n Vooma-veldtog om die inentingsprogram ‘n hupstoot te gee. Die minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, sê drie uit elke vyf persone ouer as 50 jaar het nou hulle Covid-inenting gekry. Hy sê die kabinet wil dit vyf uit vyf maak sodat die land groeps-immuniteit kan bereik.