Malaria bly groot uitdaging in Namibië

Malaria-gevalle in Namibië het binne ‘n jaar verdubbel, met meer as 13 000 gevalle en
40 sterftes wat landwyd in 2020 aangeteken is. Die streke Kavango-Oos, Kavango-Wes,
Ohangwena en Zambezi was gesamentlik verantwoordelik vir meer as 85% van hierdie
gevalle en sterftes. Dit is volgens die adjunkminister gesondheidsminister dr Esther
Utjiua Muinjangue, wat onlangs die “Zero Malaria Starts with Me” veldtog by Katima
Mulilo in die Zambezi-streek van stapel gestuur het.Muinjangue het gesê malariagevalle
het sedert 2019 verdubbel, en is endemies in 10 van Namibië se 14 streke, naamlik
Kavango-Oos, Kavango-Wes, Ohangwena, Zambezi, Omusati, Oshana, Kunene,
Oshikoto, Omaheke en Otjozondjupa.