Tornados saai verwoesting in dele van Amerika

Meer as 70 mense het in tornado’s in die Amerikaanse deelstaat Kentucky gesterf. Die
goewerneur Andy Beshear sê die syfer kan tot meer as ‘n 100 styg in wat hy beskryf het
as die ergste tornado’s in die geskiedenis van die staat. Daar word gevrees tientalle
mense is in ‘n kersfabriek in Mayfield dood. Minstens vyf mense is dood toe tornado’s in
ander state chaos veroorsaak het. Een persoon is in ‘n Amazon-pakhuis in Illinois dood.
Beshear het ‘n noodtoestand in Kentucky afgekondig.