SAPD se maskerverskaffer is skuldig aan buitensporige pryse

Die Suid-Afrikaanse Polisiediensverskaffer Tsutsumani Business Enterprises is skuldig bevind aan buitensporige pryse. Die saak volg nadat die polisie in Mei 2020 ‘n klagte by die kommissie ingedien het ná die verkryging van 500 000 gesigmaskers. Die Mededingingstribunaal het bevind die onderneming het die Wet op Mededinging oortree. Die hoofregskenner van die kommissie, Bakhe Majenge, sê Tsutsumani het destyds die oplewing in aanvraag uitgebuit.