Ma, 37, wat blykbaar seun, 9, verkrag, gaan vir waarneming

Die 37-jarige ma wat daarvan verdink word dat sy haar nege-jarige seun herhaaldelik verkrag het, is borg in die Ondangwa-landdroshof geweier. Sy het die kind blykbaar ook gebrand as hy nie wou toegee nie en is aangekla van verkragting en aanranding. Landdros Lloyd Munyungano het haar saak tot 13 Mei uitgestel. Sy sal intussen vir psigiatriese observasie gestuur word. Die vrou kan nie geïdentifiseer word nie omdat die slagoffer, haar kind, dan bekend sou wees.