Lugvaart herstel, ook in Afrika

Die Internasionale Lugvervoer-vereniging, Iata, het passasiers-data vir Junie 2022 aangekondig wat toon dat die herstel in lugreise sterk bly. Totale verkeer in Junie 2022 het met 76,2 persent gestyg vergeleke met Junie 2021. Dit is hoofsaaklik aangedryf deur die voortdurende sterk herstel in internasionale verkeer. Wêreldwyd is verkeer nou op 70,8 persent van voor die krisisvlakke. Linden Birns Iata se woordvoerder, sê lugverkeer groei ook in Afrika.