Hy sê, sy sê oor kernaanlegaanval in Oekraïne

Die Internasionale Atoomenergie-agentskap het sy kommer uitgespreek oor bomaanvalle by ʼn kernkragaanleg in Oekraïne. Oekraïne en Rusland het mekaar Saterdagaand opnuut blameer vir hernieude aanvalle by die grootste kernkragaanleg in Europa, die Zaporizhzhia, waar een werker beseer is. Intussen het die president van Oekraïne, Volodomyr Zelensky gevra vir nuwe sanksies teen Moskou, insluitend sanksies teen die Russiese kernkragbedryf en kernbrandstof.