LPM sal môre sê oor skorsings

Die Landless People’s Movement het weer ‘n raadslid onttrek, dié keer by die Keetmanshoop munisipaliteit. Sydney Skakana is Vrydag per brief laat weet dat hy met onmiddellike effek onttrek word en nie meer die party kan verteenwoordig nie. Terwyl die redes hiervoor op die stadium nie amptelik bekend is nie, kan dit moontlik te doen hê met water wat op die dorp afgesny is. Maar die skorsing van raadslede blyk om algemeen te wees vir die LPM met lede wat vantevore by Gochas, Mariental en Keetmanshoop onttrek is. Eneas Emvula, woordvoerder van die party, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.