Aktiviste probeer steeds interdik teen seismiese opname te bekom

Die bekende Suid-Afrikaanse prokureur Richard Spoor het die Australiese maatskappy Searcher Seismic gevra om nie voort te gaan met sy seismiese ondersoek aan die Weskus voor die gemeenskappe se interdik daarteen aangehoor is nie. Dit volg nadat die maatskappy aan die aktivistegroep We are South Africans gesê het daar is geen regsgronde om sy bedrywighede te staak nie. Die leier van die drukgroep, Gil Martin, sê die Weskus se vissersgemeenskappe vra steeds ‘n onderneming van die maatskappy: