Watermeters gesteel vir skrootmetaal

Die diefstal van watermeters wat sedert November verlede jaar in verskeie nedersettings in die Ohangwena-streek voorkom, word tans ‘n wesenlike hoofpyn vir owerhede. Meer as 20 meters is sedert Desember verlede jaar gesteel. Dit wil voorkom asof die diewe die meters vir skrootmetaal verkoop. Die meters word eenvoudig ontkoppel en die water oop gelos wat baie vermorsing veroorsaak. Huishoudings word ook sonder water gelaat. Volgens die raadslid vir die Endola-kiesafdeling, Ferdinand Shifidi, neem die probleem toe en maak dit die voorsiening van water in die gebied al hoe meer kwesbaar.