DA onthul skokkende betalings aan KZN Kuns en Kultuur-vrywilligers

Die DA in KwaZulu-Natal is woedend oor die onthulling vrywilligers van Cultural Creative Industries in die provinsiale Departement van Kuns en Kultuur se Uitgebreide Openbare Werke-program ontvang toelae, al sit hulle by die huis en niks doen. Dit gebeur van Desember verlede jaar af. Bradley Singh van die DA sê die inligting kom van betroubare bronne in die departement. Hulle dui ook aan die departement het tot dusver meer as vyf miljoen rand aan die program bestee.