Los battery veroorsaak ongeluk

Twee mense is rondom middernag na die Gobabis-hospitaal afgevoer nadat ‘n regeringsvoertuig ‘n bakkie van agter, 50 kilometer voor Gobabis getref het. Volgens ‘n berig deur die Namibia Marshal Rangers, het die bakkie se bestuurder gesê hy moes rem aanslaan vir ‘n koedoe wat veroorsaak het dat sy motorbattery geskuif het. Die voertuig was stilstaande in die pad sonder enige ligte en die regeringsvoertuig het dit te laat gesien. Dit beklemtoon weer die belangrikheid van die korrekte battery wat korrek ingebou en gemonteer word. In die Ohangwena-streek is drie mense in die vroeë oggendure oorlede na ‘n ongeluk van voor. ‘n Sedan het ‘n voertuig op ‘n grondpad verbygesteek en van voor in ‘n ambulans vasgery. Die passasiers van die ambulans is ongedeerd maar al drie in die sedan is oorlede.