WGO sê gehoorverlies neem wêreldwyd toe

Die Wêreldgesondheidsorganisasie beraam 1,5-miljard mense wêreldwyd ly aan gehoorverlies. Die WGO sê die getal sal oor die volgende twee dekades tot 2,5 miljard toeneem. ‘n Professor in audiologie aan die Universiteit van Pretoria, De Wet Swanepoel, doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om meer bewus te wees van die gevaar van blootstelling aan hoë klankvolumes. Hy sê wêreldwyd sal sowat 500 miljoen mense teen 2050 gehoorapparate moet dra.