Loonooreenkoms by Harmony Gold

Harmony Gold in Suid-Afrika het ‘n loon-ooreenkoms van drie jaar met vyf vakbonde onderteken, insluitend die metaalwerkersvakbond Numsa. Mynwerkers, vakmanne en amptenare sal ‘n verhoging van 6 persent van hul basiese salaris ontvang vir elke jaar van die ooreenkoms. Die totale gemiddelde verhoging beloop 7,8 persent vir die eerste jaar, 7,4 persent vir die tweede jaar en 7 persent vir die derde jaar van die ooreenkoms, terugwerkend tot 1 Julie vanjaar. Harmony Gold-woordvoerder, Sihle Maake, sê die onderhandelingsproses van agt weke het virtueel plaasgevind: