NDF en Amerikaanse vloot oefen saam

Die Namibiese-weermag sal vandag oefeninge met die Amerikaanse-vloot in Walvisbaai hou. Volgens ‘n verklaring deur Namport het die Amerikaanse vaartuig die USS Hershel Woody Williams reeds in die hawe aangekom. Vandag sal drie oefeninge uitgevoer word wat die landing van ‘n Namibiese lugmag helikopter op die vaartuig sal insluit. Soek- en beslagleggingsoefeninge sal dan op die vaartuig uitgevoer word. Die USS Hershel Woody Williams het vanaf Luanda in Angola in Walvisbaai aangekom met 48 burgerlikes en 152 militêre bemanning en vertrek môre na Kaapstad.