LIV-hoof sê hulle kan verandering na tradisionele 72-putjie-formaat oorweeg

Gholf: LIV Gholf se uitvoerende hoof, Greg Norman, sê hulle kan dit dalk oorweeg om na ‘n tradisionele 72-putjie-formaat te verander. Die gewese wêreld nommer een, Jon Rahm van Spanje, wat in Desember by LIV aansluit, het daarop gewys dit kan help om LIV en die PGA-toer te verenig. LIV word tans oor 54 putjies oor drie rondes gespeel, sonder ‘n afsnypunt na die tweede ronde. Norman sê LIV kan dalk oorreed word om die formaat te wysig, maar moet ook die ekonomiese uitwerking daarvan oorweeg.