Lions behaal KSA T20 se eindstryd

Die Lions het die Titans volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode met agt paaltjies verslaan om die Krieket Suid-Afrika T20-uitdaging se eindstryd te haal. Die wedstryd op die Wanderers is tot 18 boulbeurte verminder nadat ʼn spreilig-probleem spel vertraag het. Nqaba Peter het vier paaltjies laat kantel om die Titans tot 131 vir nege te beperk. In antwoord daarop het Rassie van der Dussen ʼn onoorwonne 73 aangeteken om die Lions tot ʼn oorwinning te lei met 20 balle wat oorbly. Die Lions kom in die eindstryd óf teen die Dolphins óf die Warriors te staan.