Levi’s help om denim te herwin

’n Bekende vervaardiger van ontwerper-jeans help nou om stortingsterreine skoon te hou van denim en dra daarmee by tot die positiewe invloed wat die herwinning van dié gewilde tweedehandse klere kan inhou. ’n Woordvoerder van Levi’s sê die maatskappy se veldtog behels die herwinning van ou jeans vir ‘n Gautengse inisiatief, Clothes to Good. Hulle vervaardig items soos drasakke wat van denim gemaak is. Levi’s sê die projek het nie net ‘n lewensvatbare inkomstestroom geskep nie, maar dit vergemaklik ook die hergebruik van ‘n materiaal wat baie natuurlike hulpbronne benodig om dit te vervaardig.