SA se onluste se ondersoek begin

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie hou vandag sy eerste sitting hou in sy nasionale ondersoek na die Julie-onluste in dele van KwaZulu-Natal en Gauteng. Eiendom is tydens die onrus geplunder of beskadig en meer as 300 mense is dood weens die geweld wat uitgebreek het. Die ondersoek sal bepaal wat die onrus veroorsaak het en wat aanleiding gegee het tot die beweerde rasgemotiveerde aanvalle en moorde, asook wat gelei het tot die skynbare verval in wetstoepassingsagentskappe, insluitend privaat veiligheid. Hulle sal ook bepaal in watter mate sosio-ekonomiese en ruimtelike faktore ‘n rol in die onrus gespeel het.