Lesotho-parlementslid wil groot dele van Suid-Afrika terugeis

‘n Mosie dat groot dele van Suid-Afrika aan Lesotho teruggegee word, is deur eerwaarde Tsepo Lipholo, leier van die Basotho Covenant Movement, by die bergkoninkryk se parlement ingedien. Hy sê hy sal nie ophou totdat die land se grense herstel is soos in die grondwet voorgeskryf nie. Lipholo sê die hele Vrystaat, en dele van die Noord-Kaap, Mpumalanga, die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal behoort aan Lesotho.