Zuma sê Ramaphosa hoort in die tronk

Oudpresident Jacob Zuma wil President Cyril Ramaphosa nou ook privaat vervolg. Sy stigting het aangekondig die saak teen Ramaphosa sal op 19 Januarie volgende jaar in die Johannesburgse hooggeregshof begin. Zuma het reeds met privaat vervolging teen Downer begin oor die uitlek van sy mediese inligting. Hy woon van vandag af die 55ste nasionale konferensie van die ANC by. Mzwanele Manyi van die stigting sê Ramaphosa behoort in die tronk.