Lesotho-hof stel Shaun Abrahams-verraadsaak ter syde

 Die Hooggeregshof in Lesotho het in die guns van die voormalige nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, Shaun Abrahams, beslis in ‘n hoëprofiel-verraadsaak. Die hof het ‘n uitspraak van die land se hoofregter tersyde gestel, waarin Abrahams verbied is om in die saak te verskyn waarby Lesotho se voormalige weermagbevelvoerder, Kennedy Kamoli, en vyf ander betrokke is. Die ses staan tereg op aanklagte van hoogverraad, moord, poging tot moord en aanranding. Abrahams sê hy sien uit daarna om met die saak voort te gaan sodra ‘n verhoordatum geskeduleer is.