Terugkoopkoers se verhoging sal nie eiendomsmark raak

Die eiendomsverbandmaatskappy, BetterBond, sê die terugkoopkoersverhoging met 50 basispunte sal nie die eiendomsmark beduidend raak nie. Die streeksverkoopsbestuurder van BetterBond in die Wes-Kaap, Colin Strumpher, sê ten spyte van huiseienaars se toenemende kommer oor verbandterugbetalings, betaal hulle steeds minder op hulle verbande as twee jaar gelede. Strumpher moedig huiseienaars aan om met ‘n verband-onderhandelaar saam te werk om ‘n rentekoerstoegewing te kry om die uitwerking van toekomstige rentekoersverhogings teen te werk.