Gaboen se doelskieter tree uit

Sokker: Gaboen se voetbalfederasie het bevestig die land se doelskieter, Pierre-Emerick Aubameyang, het uit internasionale sport getree. Aubameyang, wat ook vir Barcelona speel, is Gaboen se top-doelskieter met 30 doele in 72 wedstryde. Hy het Dinsdag in ‘n brief aan die federasie sy besluit bevestig. Die 32-jarige Aubameyang het in Januarie, voor vanjaar se Afrika-nasiesbeker, positief getoets vir Covid-19 en moes daarna onttrek met wat die federasie beskryf het as ‘n hartprobleem.