Lelies: Sandhof is Sondag oop

Oliver en Maritza Morgan van plaas Sandhof, 40 kilometer Noord van Maltahöhe, sê daar was genoeg reën en die lelies staan hoog genoeg dat hulle nou sal blom. Dus het die familie die plaas oopgestel vir besoeke vanaf Sondag. Die toegangsfooi is 50 dollar per persoon met pensioenarisse wat 30 dollar betaal. Verversings is te koop. Alle Covid-maatreëls sal toegepas word. Die lelies stel nooit teleur nie met duisende wat op ‘n groot pan op die plaas blom en besoekers betower wanneer genoeg reën ontvang word.