Lekker rugby vanmiddag

Rugby: Die afrigter van die Haaie, Sean Everitt, sê hul hoof-doel in vanmiddag se Curriebeker-eindstryd is om die Bulle se spoed te breek en hul sterk baldraers te keer. Die span van Pretoria hoop om vir die tweede agtereenvolgende seisoen te wen en die vertoning van verlede jaar se eindstryd op Loftus Versfeld te herhaal. Die wedstryd begin om vyfuur. Die Bulle staan bo aan die punteleer met 49 punte, nege meer as die Haaie wat in die tweede posisie geëindig het. Die Bulle se president Willem Strauss oor vanmiddag se kragmeting.