178 Nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het 178 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig, ‘n postiewe koers van 10.6 %. Daar is 88 leerders, sewe onderwysers, sewe studente en vier gesondheidswerkers onder die nuwe gevalle. Daar is steeds 1 520 aktiewe gevalle. 228 555 Mense het reeds een dosis entstof gekry, terwyl 137 777 ten volle ingeënt is.