Stokes sal nie vir Engeland in T20 Wêreldbeker speel nie

Krieket: Engeland se toetskaptein, Ben Stokes, is nie beskikbaar vir die T20 Wêreldbeker wat in Junie in die Wes-Indiese Eilande en Amerika plaasvind nie. Hy is tans ten volle daarop toegespits om boulfiks te raak om in alle formate as veelsydige speler ingespan te word. Volgens Stokes sal die feit dat hy die Wêreldbeker en die Indiese Premierliga misloop, hom help om sy doel te bereik. Hy het onlangs ʼn knie-operasie gehad en het net vyf boulbeurte afgestuur in die toetsreeks teen Indië. Engeland was in 2022 die wenner van die Wêreldbeker in Australië.