Lategan & Cummings kom 2de in 3rde Dakar-skof

‘n Blink vertoning deur die Suid-Afrikaners Henk Lategan en Brett Cummings het daartoe gelei dat hulle die tweede vinnigste tyd van die derde skof van die 2022 Dakar-tydren opgestel het. Die span in hul Toyota GR DKR Hilux T1 bly in die algehele 38ste plek nadat hulle meer as 3 ure in Skof 1B verloor het. Lategan sê die skof was vir hulle ‘n goeie een, veral aan die begin waar hulle in die tyd-afdeling hoë snelhede in goeie toestande kon handhaaf. Hy sê hulle sien uit na die volgende skof wat baie lank en uitdagend gaan wees.