Gebrek aan optrede in Zambezi, gaan moeilikheid veroorsaak

Die stigter van die Zambezi Lives Matter-beweging, Sinvula Mudabeti sê gerugte dat ‘n lid van die Nchindo-familie Cassius Mwala spioeneer vir die Botswana regering, is as gevolg van die gebrek aan optrede deur die Namibiese regering. Mwala word daarvan beskuldig dat hy lede van die Botswana weermag ingelig het oor die bewegings van die drie broers en hulle neef wat uiteindelik tot hulle skietdood gelei het. Mudabeti het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.