Lasbrief vir Petito-verloofde

Die FBI het ‘n lasbrief vir Brian Laundrie, die verloofde van wyle Gabby Petito uitgereik. Amerikaanse media berig dat die lasbrief verband hou met wat beskryf word as die gebruik van ongemagtigde toestelle. Die FBI sê Laundrie het Petito se debietkaart en PIN-nommer gebruik tussen 30 Augustus en 1 September. Petito se oorskot is verlede Sondag in ‘n nasionale park in Wyoming gevind. Op die oomblik soek amptenare na Laundrie in Florida. Luidens die lasbrief het Laundrie ongeveer 1 000 Amerikaanse dollar uit Petito se rekening onttrek. Daar word berig dat die lasbrief dit nou moontlik maak om daadwerklike ondersoek in te stel na die omstandighede rondom Petito se dood sowel as die moontlikheid dat polisie regoor die VSA na hom kan soek.