Langer Heinrich berei voor om bedrywighede te hervat

Die Langer Heinrich-myn hervat sy bedrywighede na die myn in Mei 2018 gesluit het. Produksie word in 2024 verwag en Johan Roux, die myn se besturende direkteur sê hulle is hard aan die werk om operasionele status te bereik. Die koste om bedrywighede te hervat word op 81 miljoen Amerikaanse dollar beraam, met ‘n leeftyd van ongeveer 17 jaar vir die myn en ertsreserwes van 84,4 miljoen ton. Roux het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.