Landbou-syfers: Vee is op, grane is af, kunsmis skiet die hoogte in

Die Namibiese Statistieke Agentskap het die landboustatistiek vir die eerste kwartaal van vanjaar bekend gemaak. Kunsmis het vanaf 4 dollar 90 sent per kilogram in die eerste kwartaal van 2021 na 14 dollar 10 sent in die eerste kwartaal van 2022 gestyg. Terwyl daar geen impak op oeste of voedselsekerheid sal wees nie, is dit ‘n groot las op produsente. Oor die algemeen het landbou, visserye en bosbou groei van 1,6 persent in die eerste kwartaal getoon aangedryf deur groei in die lewendehawe sektor. Die sektor het in die eerste kwartaal in 2021 met –6,1 persent gegroei en vanjaar, met 5,7 persent. Grane het gedaal met 2,9 ton wat in die eerste kwartaal in 2021 geproduseer is teenoor net minder as 1,7 ton vanjaar.