Calle wil weet wie word wat deur Meatco geskuld

Kosmos 94.1 Nuus verneem dat die Namibiese landbouminister, Calle Schlettwein opdrag gegee het dat produsente hul name en uitstaande betalings in verband met verslagtings by Meatco moet indien. Berigte vroeër die week lui dat tien produsente die plaaslike dagblad, Republikein genader het oor 25,8 miljoen Namibiese dollar wat hulle geskuld word. Die minister het meer besonderhede met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.