Lando Norris spring voor weg in snelren

Motorsport: Lando Norris spring in die voorste posisie weg in môre se snelren by die Chinese Grand Prix. Formule Een is vir die eerste keer in vyf jaar terug in China vir ’n naweek wat ook die eerste snelren van die jaar insluit. Norris het tydens die kwalifiserende ronde in nat weerstoestande die pas aangegee in sy McLaren, vóór die Mercedes van Lewis Hamilton en Fernando Alonso in sy Aston Martin. Norris hoop die nat toestande sal voortduur.