Landbouministerie moet boorgate in droogtegebiede boor

Die kantoor van die eerste minister gaan voedselhulp deur sy Nasionale Noodrampfonds aan die droogtegeteisterde streke van Omaheke, Hardap en Karas oor nege maande vanaf 1 Julie tot 31 Maart volgende jaar verskaf. Die kabinet het ook opdrag aan die landbouministerie gegee om boorgate, waterpunte en watertenks aan die streke beskikbaar te stel. Die lewende hawe-ondersteuningsprogram van 87,4 miljoen Namibiese dollar word uitgebrei na die streke van Kunene, dele van Erongo en Omusati. Die adjunkminister in die inlitingsministerie, Emma Theofelus…