Beleggings nodig vir ekologiese infrastruktuur

Navorsers sê die behoefte om bioverskeidenheid te beskerm en te bewaar en die gevolge van omgewings-agteruitgang te versag, vuur die beleggings in ekologiese infrastruktuur aan. Wetenskaplikes aan die Universiteit Stellenbosch en die departement die omgewing verduidelik ekostelsels soos berg-opvanggebiede, vleilande en kusduine, is noodsaaklik vir mense. Hulle beklemtoon Suid-Afrika kan nie bekostig om hierin te onderbelê nie, want spoedige agteruitgang en bedreigings soos veldbrande, droogte, klimaatsverandering en indringerplante sal voortgaan om ‘n negatiewe invloed te hê, veral op landbou en bosbou.