Lady Pohamba inentings-sentrum open môre-oggend 10 uur weer

Die Lady Pohmaba inentings-sentrum in die hoofstad open môre-oggend 10 uur weer vir inentings. Die publiek word egter daarop gewys dat die gesondheidsministerie bepaal het dat net mense wat vir hulle tweede inenting van die AstraZeneca entstof en 1 ste en 2de inentings met die Sinopharm entstof gaan van die gerief gebruik kan maak. Daar is intussen 319 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig.Oshakati het 50, Windhoek 47, Engela 24, Walvisbaai 21, Oshikuku 17, en Okahao 13. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 18 566 aktiewe gevalle, met 99 055 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 120 814.