Die Springbokke wen die reeks teen die Britse en Ierse Leeus

Die Springbokke het die Britse en Ierse Leeus met 19-16 geklop en so ook die reeks met 2-1 beklink. Die Leeus het rustyd met 10-6 voorgeloop. Dit was ‘n naelbytstryd en Cheslin Kolbe het die Bokke met ‘n spogdrie in die 2 de helfte op die wenpad geplaas.